FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005

FIFA Sokker-Konfederasiebeker
FIFA-Konföderationen-Pokal 2005
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Duitsland Duitsland
Datums 15 – 29 Junie
Spanne (van 6 konfederasies)
Stadions (in 5 stede)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Brasilië Brasilië (2 titels)
Tweede plek Vlag van Argentinië Argentinië
Derde plek Vlag van Duitsland Duitsland
Vierde plek Vlag van Meksiko Meksiko
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 16
Doele 56 (3.5 per wedstryd)
Bywoning 603 106 (37 694 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Brasilië Adriano (5 doele)
Beste speler Vlag van Brasilië Adriano
2003
2009

Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2005 (Duits: FIFA-Konföderationen-Pokal 2005; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 15 tot 29 Junie 2005 in Duitsland aangebied en het vir die gasheer as ’n voorbereiding op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006 gedien. Dit was die vyfde sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.

Die Sokker-Konfederasiebekertrofee waarom meegeding is

Soos gebruiklik het die gasheerland, die destydse wêreldkampioen en die kampioene van elk van die ses sokkerbonde deelgeneem. Brasilië het die toernooi gewen nadat hulle Argentinië in die eindstryd met 4–1 geklop het. Die gasheer Duitsland het in die derde en Meksiko in die vierde plek geëindig.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy